Verse for the day

Thursday, March 5, 2009

By Oliwenhuis....

Hier sit ek by oliwenhuis. My koffie is klaar. My huil is op (wel dalk nie heeltemaal nie). Die laksie het klaar kom bedel. Ek het almal gegroet en dis tyd om te ry. Terug na Uitenhage toe. Terug na verantwoordelikheid en roetine.

En ek stel uit. Ek bestel nog koffie. Ek luister bietjie langer na die laksie en die duiwe en die kindertjies wat op die gras speel. Ek lees net nog een storie uit Dana Snyman se boek wat my ma my geleen het.

En in my kop probeer ek sin maak van hierdie week in Bloem. Ek probeer die emosies en die reaksies verwerk. Nie soseer die ander mense s'n as my eie nie. En ek byt hard op my tande en kyk op na 'n denkbeeldige ding hoog bo, want hoe gaan dit lyk as 'n groot man , alleen by 'n tafel sit en huil.

So probeer ek my emosies verwerk. Verwoord. En getrou aan hulle aard kom staan hulle een vir een om getel te word. Hartseer. Alleen. Verlange. Vrees. En dan word ek bewus van die grootste en belangrikste emosie van almal.

Dankbaar. Dankbaar vir vriende wat nie moed opgegee het met my nie. Wat my nonsens opvreet en my aanvaar net soos ek is. Wat moeite doen en omgee. Wat verby my stukkende hart en stukkende selfbeeld en valse bravade kyk en vir my omgee. En van hulle self gee om my te help heel maak. En ek is so onbeskryflik dankbaar. Dankbaar vir hierdie onverdiende genade, en liefde , en versorging.

Mag ons Pappa julle seen vir alles. En mag ek eendag vir julle soveel beteken soos julle vir my.

Ps. Ek wonder wat dink die mense rondom my as hulle sien hoe die trane op my selfoon se keyboard val. Maar dis ok. Dis danbaar trane. Elkeen van hulle.

4 comments:

bugs said...

ek is vreeslik jammer vir elkeen van daai trane, ek wens dit kon anders wees!

Steven Jones said...

Hey Hanno

We're looking forward to seeing you on Saturday morning for our cycle. Remember that we're always here to listen. Big boys DO cry, so don't feel bad - we'll understand.

Drive safely, and may God bless you. We're praying for you.

(Word verification: "epita". Emphasise the "e", and you get a Zulu bread used for schwarmas (eee-peeta))

McGyver said...

Slaap rustig my boetie, Pappa waak oor jou. Pappa hou jou vas, selfs al voel jy dit nie aan nie, al is sy aanraaking so sagkuns dat jy dit misvoel.

My vriendskap & liefde vir jou kom uit Pappa se hart uit... dis Hy wat dit vir my geleen het; spesiaal om vir jou te kan uitdeel.
Hy't vir my laat weet hoe kosbaar jy is - óf jy gebroke is óf nie. Maak nie saak nie. Sien, Hy't groot planne vir jou. Ek weet dit sommer hier diep in my hart - hoekom anders sou Hy jou só vêr gebring het?

Jou dag van die volbringing van Sy beloftes en seëninge lê voor - hou net aan vertrou!

Slaap rustig my boetie, slaap rustig.

Rock in the Grass (Pete Grassow) said...

Hanno - die genade van God onderseun the strewe van die lewe. En ek waardeer ons vriendskap.